Masthead sized image akademia mashoof vir uitnodiging 01  002

100 Jaar sedert Lenin se Russiese Revolusie

Sluit by Akademia aan vir 'n gedenklesing deur prof Yuri Maltsev by die eeuwording van die Russiese Rewolusie, waartydens Wladimir Lenin aan die mag gekom het en die grondslag vir die USSR gelê is. Die Russiese ekonoom en ekonomiese historikus, prof Yuri Maltsev, gaan as hoofspreker die USSR en sy Suid-Afrikaanse nalatenskap bespreek. 

Die rewolusie van 1917 het die Russiese keiserryk tot ’n val gebring en word steeds jaarliks deur die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party gevier. ’n Voorlopige regering wat gevorm is ná die abdikasie van tsaar Nikolaas II se mag is uiteindelik met die Oktober-rewolusie in ʼn staatsgreep deur die Bolsjewistiese leier Wladimir Lenin oorgeneem. Die rewolusie is gevolg deur die Russiese Burgeroorlog, waarna die Sowjetunie in 1922 tot stand gekom het.

Prof Maltsev was lid van die Sowjetunie se senior ekonomiese span wat aan president Mikhail Gorbachev se herstruktureringsprogram gewerk het, voordat hy in 1989 na die VSA gevlug het. Hy is tans ʼn professor van ekonomie aan die Carthage College in Wisconsin en ʼn senior genoot van die Ludwig von Mises Institute in Alabama, VSA. Hy was ook ’n senior genoot aan die Verenigde State se Vredesinstituut in Washington, waar hy uitvoerende beamptes binne die regering oor kwessies van nasionale sekuriteit en buitelandse ekonomiese beleid geadviseer het.

 

Datum: 31 Julie 2017

Plek: Afrikaanse Hoër Seunskool, Pretoria

Tyd: 09:30 vir 10:00 tot 11:30, gevolg deur ligte verversings

RSVP: voor of op Maandag 24 Julie 2017

31 July 2017

AHS AFFIES AFRIKAANSE HOëR SEUNSSKOOL Jorissen Street
936 Jorissen Street, Elandspoort 357-Jr,
Pretoria

View Map

For more info:

stefane@akademia.ac.za

0861 222 888


Copyright © 2017